Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.16 (N, D, T, S)
220 Minute
11 Oktober
16:00
12 Oktober
18:30
14 Oktober
09:30
15 Oktober
18:00
16 Oktober
10:00
17 Oktober
18:30
18 Oktober
18:30
19 Oktober
09:00

Open Window Filmstudio

R220-R350 | R250-R380 by die deur

’n Aantal ietwat verloopte toneelspelers kom bymekaar in ’n tyd van krisis in ’n geslote ruimte – ’n gestig, ongebruikte saal of dalk net ’n gevangenis. Weg van die sogenaamde “normaliteit” daar buite besin hulle oor die liefde, lewe en dood. Saam, onder ’n wolk van politieke realiteit in ’n tyd van onafwendbare verandering, speel die hand vol digters ’n oorlewingsritueel uit in die tradisie van die eerste Griekse dramas, of “Bokliedere”. Soos in Aristophanes se komedie Die voëls onderhandel die lotjie ’n moontlike toekoms onder ’n nuwe orde, maar rituele verg bloed, ’n skerp mes en ’n sondebok… Boklied is die digter Breyten Breytenbach se opspraakwekkende eerste drama. Dig. Omvattend. Skreiend. Snaaks. Oorweldigend.

Met De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen Mc Ewan, Ben Albertyn

 

Regie en ontwerp Marthinus Basson

Skrywer Breyten Breytenbach

Beligtingsontwerp en verhoogbestuur Nicolaas de Jongh

Musiek David Wolfswinkel

Produksiebestuurder Frankie van Straten

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi