Spier Toneel
Engels
OB
70 Minute
13 Oktober
13:00
14 Oktober
20:00
16 Oktober
17:00
19 Oktober
15:30
R200 | R230 by die deur

Bridling is Nadia Davids se verhoogverwerking van haar gelyknamige kortverhaal wat met die Caine-prys bekroon en deur die beoordelaarspaneel geloof is as “ ’n triomf van taal, storievertelling en waagmoed”. Dit skets ’n akteur se reis van oudisie tot openingsaand met donker, ontstellende metakommentaar oor kreatiwiteit, feminisme, kompromie en rebellie. ’n Voortreflike multidissiplinêre werk in Jay Pather se innoverende styl wat teks, beweging, stel en beeld naatloos laat saamsmelt.

Skrywer Nadia DavidsRegisseur Jay PatherStelontwerp Nicola PilkingtonKostuumontwerp Michealine WesselsKlankontwerper en komponis Jannous Nkululeko AukemaProjeksie-ontwerp Nicola PilkingtonBeligtingsontwerp, verhoogbestuurAndi ColomboAssistent-verhoogbestuurder Tatum PearceProduksiebestuur POPARt ProductionsStelontwerpkonsultasie en -konstruksie Lungile CindiRietbeeldhoukonsultasie en -konstruksie Zweli NgcombelaKonstruksiebystand Tamara Dubeni, Nandi Tavares Calburn, Thandeka Mabaso en Justine KabaVideo- en projeksieontwerpbystand Bethany-Hannah TooheyUitgeligte projeksie-opvoering Diana FerrusAV-projeksiebeeld deur Mmakgabo Sebidi Met vergunning van Mmakgabo Sebidi en Everard ReadVervaardig deur National Arts Festival en die Festival Enterprise Catalyst