Die een wat bly

Spier Toneel
Meertalig
Geen o.13 (T)
75 Minute
15 Oktober
12:00
16 Oktober
13:00
18 Oktober
16:00
19 Oktober
13:00
R220 | R250 by die deur

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis, en gebruik die geselskap se persoonlike herinneringe as vertrekpunt om die verwikkelde verhouding tussen ma’s en seuns te skets. Dié samevoeging van dans, fisieke teater en drama wentel om ’n danser wat sy moeder aan die dood afstaan en wandel deur die flitse van sy geheue om tot verhaal te kom oor sy verlede, identiteit, familie en toekoms. Die produksie is vir die KKNK se Kanna-pryse benoem in die kategorieë vir beste regie, beste toneelstuk, beste debuut, beste ontwerp, beste ensemble en beste literêre bydrae.

Met Grant van Ster, Shaun Oelf, Daneel van der Walt

Regisseur en skrywers Wessel Pretorius en geselskap

Choreografie Figure of 8 Dance Theatre in samewerking met Natalie Fisher

Stel- en beligtingsontwerp Gideon Lombard

Verhoogbestuur en projeksie-ontwerp Nell van der Merwe

Produksiebestuurder en vervaardiger Marie Vogts

’n Figure of 8-produksie, in samewerking met die KKNK en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi en Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund