Naguile met menings oor die kunste en maatskaplike kwessies hoef nie tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vroeg in die kooi te klim nie. Sluit van 13 tot 17 Oktober om 21:00 die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring by Die Khaya-kafee. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie.
Jy wil wát word?!
Mense word dikwels afgeraai om ’n loopbaan in die uitvoerende kunste te volg. Is daar maniere om dié not so sensible loopbaankeuse innoverend en selfs winsgewend te bedryf?