Die blougroenoog kind is weg. Die kind verdwyn in die donker van ’n land wat haar versaak het, in die skaamte van gemeenskappe wat wegkyk. Die kind wat huil onder geweld, wat skuil in die skadu van onreg, wat leef in die gewete van ’n samelewing… Die kind is nie dood nie. Die kind is weg. Verrys in gemeenskappe, roep uit op selfone en spook in die gange van ons parlement. Waar is ons geregtigheid?