In Die onderhoud met Mia Spies gesels die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies met vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Dié gespreksreeks word gratis in die Netwerk24 Diskoerstent agter die US Museum aangebied.
Whitey Basson
Whitey Basson het die sukkelende OK Bazaars vir R1 gekoop en Shoprite tot die grootste kleinhandelaar in Afrika uitgebou. Daar is hope staaltjies en stories in omloop oor dié kleurryke, onverskrokke sakeleier, wat self ’n storieverteller van formaat is.