Ongehoord: Digitale kultuur & Afro-optimisme

Diskoers
60 Minute
16 Oktober
09:30
Gratis

Hoe navigeer ons digitale rassisme of seksisme, en kan ons gedeelde ervaring van plek, grond en die liggaam ons herinner aan die uniekheid van menslike bewussyn? In hierdie paneelbespreking gesels prof. Stella Viljoen met Wamuwi Mbao (departement Engels, US), Taryn Bernard (departement algemene taalkunde, US) en Charisse Louw (departement visuele kunste, US) oor die maniere waarop ’n kritiese begrip van Afrika nou dalk ’n manier kan wees om Afrika môre te antisipeer en daarop voor te berei.