Niemand het ’n gemaklike verhouding met hulle pa nie. Rescue Remedy is ’n moffiekind se snaakse, tragiese poging om hul Pappa halfpad te ontmoet – letterlik langs die N2. Al is dit ’n plofbare verhouding van liefde, misverstand en woede, kan ’n mens agterna daaroor lag. Die stuk laat die kollig val op queer mense in hedendaagse Suid-Afrika, die trauma van ’n soldaat en geestesgesondheid. Kan Pappa en kind hul ego’s eenkant sit? Dalk is daar tóg hoop. Liefde is oorgenoeg rede om aan te hou praat…