Lover’s Lane op Stellenbosch is die enigste plek waar Adam, ’n eerstejaar, en Jethro, wat met sy meestersgraad besig is, veilig voel teen ’n onregverdige wêreld. Hier deel hulle gesteelde oomblikke in mekaar se arms. Maar die liefde en vertroosting wat hulle in die mees romantiese plekkie in die studentedorp vind, word getoets wanneer geheime en leuens kop uitsteek.