“Rumour has it…” is ’n groeptentoonstelling wat begin Oktober open met werke van onder andere Bastiaan van Stenis, Christiaan Kritzinger, Chris Kriek, Trude Gunther, Stuart Dods, Nina Mostert, Kabous Hanslam, Clare Menck en Wim Smit. Die titel verwys na Michel Foucault se lieflike essay “I Lie, I Speak” waarin die absurditeit uitgewys word van wat dinge beteken wat ons sê en wat ons dínk ons sê, maar ook dít waaroor ons nie durf praat nie of inkleur asof ons jok.