Sluit by ons aan vir die bekendstelling van Elizabeth Burroughs se boek Karel Nel: Close and Far. Die boek bespreek die kunstenaar se wye belangstellings, sy betrokkenheid by teken as dissipline en hoe hy teken gebruik om denke, bewussyn en die interpretasie van die self, die wêreld en die heelal te ondersoek. ’n Keur van Nel se tekeninge word by die Rupert-museum uitgestal as deel van ’n groepstentoonstelling.