In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
‘Die ander dogter’
Die immergroen ikoon Sandra Prinsloo is terug met ’n verwerking van die Nobelpryswenner Annie Ernaux se l’Autre Fille, wat deur Naòmi Morgan uit Frans vertaal is. Op 10-jarige ouderdom vind ’n dogter uit sy het ’n oorlede ouer suster gehad. In ’n aangrypende brief aan dié suster besin Ernaux oor verlies, ouers en sibbe. Prinsloo en Morgan vertel meer.