Teatergesprekke: ‘Boesman en Lena’

Diskoers
60 Minute
17 Oktober
11:45

Netwerk24 Diskoerstent

Gratis

In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.

Boesman en Lena

Al het daar 56 jaar verloop sedert Boesman and Lena die eerste keer opgevoer is, bly Athol Fugard se stuk oor ontheemding en randfigure steeds relevant. Die regisseur Christo Davids en die geselskap gesels oor dié tydlose stuk, en die nalatenskap van Fugard, wat vroeër vanjaar oorlede is.