Stemme uit die verlede: Verrassende mededelings uit die kerkargief: Kleinode uit die Afrikaanse musiekskat

Diskoers
75 Minute
19 Oktober
14:15
R100 | R130 by die deur

Kom ontdek verhale en musiek wat deel vorm van ons groter verlede. Stemme wat opklink uit die primêre bronne, soos persoonlike briewe, dagboeke, nuusbriewe en joernale. Verluister jou aan die humor, voorlesings, liedere en orrelspel. En verkyk jou na afloop van elke aanbieding aan die rykdom van historiese foto’s, manuskripte en artefakte uit die NG Kerk se argiefkluise.

Kleinode uit die Afrikaanse musiekskat: Prof. Gawie Cillié, eerw. Frederik Hein en ander

“Oom Gawie” was akademikus, sterrekundige, koorleier en “liedjiesoeker”: “Magalieseburgse aandlied”, Steynsrust se Liedboek, eerw. Frederik Hein se handgeskrewe Notenboek, Seodin Skool se kalligrafie-skoollied, die operette Grenspos met Pierre Malan se toonsettings, en Lofsangen van S. le Roux Marais.

Kom kyk, luister en sing saam met dr. Diederick Basson voor die orrel, dr. Isabel Murray aan die woord en die soliste
Cecile Murray-Louw en Carlo Louw.