#pjokunsspore26

Visuele kuns
N/A
Gesin

Die P.J. Olivier-kunssentrum bied jaarliks ‘n straatkunskompetisie vir gr. 11-leerlinge aan, en vanjaar vier hulle hul 10de jaar van straatkunstentoonstellings. Die werk van vanjaar se finaliste sal ten toon gestel word op die staproete wat bekend staan as #PJOkunsspore26. Dit begin by die Kunssentrum in Blomstraat en kronkel deur die dorp. Kaarte vir die staproete sal by die Toyota Stellenbosch Woordfeeskantoor en by die Kunssentrum beskikbaar wees.