Afrikaans 101: As woorde kon verf

Visuele kuns

Die Kunsvereniging Stellenboschnooi jou hartlik uit na die tentoonstelling As woorde kon verfwaarvoor verskeie talentvolle plaaslike kunstenaars kleurvolle vlae geskep het wat hulde bring aan die ryk erfenis van Afrikaans. Dié unieke uitstalling ondersoek die verhouding tussen taal en beeldende kuns – hoe woorde gevoelens, herinneringe, stories en identiteit kan oproep, en hoe kunstenaars dié emosies visueel interpreteer.

Ondersteun deur die Kunsvereniging Stellenbosch

10:00-17:00 | Blomstraat 3
Gratis