2025
Met Esihle Ndleleni, Muadi Ilung, Mila Smith, Khensani Khoza, Ntsimedi Gwangwa, Basetsana Motloung
Die “adorkable” en leergierige Luthando is op koers vir ’n normale akademiese jaar by die gesogte koshuisskool wat sy met ’n beurs bywoon. Die aankoms van ’n nuwe meisie in haar klas laat Luthando se onderdrukte begeertes ontvlam en bedreig haar verhoudings en alles wat sy gedink het sy van haarself weet.
Vervaardigers Helen Kuun, Cait Pansegrouw, Elias Ribeiro
Skrywer en regisseur Sandulela Asanda
Kinematograaf Pierre de Villiers
Produksieontwerp Tirath Bhoola
Redigeerder Talya Kahan
Klankontwerp Michael Botha
Visuele effekte Nicolai Groudev
Musiek Sne Dladla