Boekmense, braaibroodjies en Buurvrou – ‘n EasyEquities-skrywerspartytjie

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, English
Gesin
120 Minute
9 Oktober
19:00
R50 | R80 by die deur

Ons skrywerspartytjie neem vanjaar ’n ander vorm aan: Kom ontmoet jou gunsteling-boekmense in ’n ontspanne atmosfeer terwyl almal saam smul aan vars braaibroodjies en luister na Buurvrou, die Afrikaanse folk-sangers wat hulself beskryf as ’n groep “bemindes, familielede en regte bure”. Gesels oor boeke of die regte resep vir braaibroodjies, bewonder die beste skrywers van naderby. Jou kaartjie verseker toegang – bier en braaibroodjies sal by die venue te koop wees.