Aangebied deur die Franse Instituut van Suid-Afrika (Ifas), Alliance Française Stellenbosch
Capturer le vent is ‘n tweetalige versamelbundel met gedigte van Breyten Breytenbach in Frans en Afrikaans. Catherine du Toit, hoof van die departement Frans by die Universiteit Stellenbosch, gesels met die aktrise Grethe Fox en die digter Lynthia Julius, oor sy nalatenskap en invloed op ’n nuwe geslag digters. Fox lees ook van Breytenbach se gedigte voor.