Aangebied deur Painted Dog Press
In Die huilende bruid en ander versinsels weef Dominique Botha outobiografie en fiksie saam tot ’n lewendige portret van die Suid-Afrikaanse landskap. In hierdie versameling van haar korter skryfwerk reis haar blik tussen die Hoëveld en Europa, familie-argiewe en kroegtoonbanke, humor en rou. Danie Marais gesels met Botha oor haar requiem vir Breyten Breytenbach, die legendariese oom Boxer, en die prismas van geheue en morele moegheid. Dis ‘n gesprek oor taal, begeerte en die intieme afskeid van groot geeste.