Met die Dierewelsynvereniging Stellenbosch (DWS)
Mahatma Gandhi se beroemde woorde “Die grootsheid van ’n nasie en sy morele vooruitgang kan gemeet word aan die manier waarop hy sy diere behandel”, is ook die oortuiging waarvolgens die DWS optree. Hul stalletjie by Khaya-kafee verteenwoordig die werk wat hulle in die plaaslike gemeenskap doen om die slegte behandeling van diere te voorkom, om goedhartigheid en bedagsaamheid teenoor diere aan te moedig, die gesondheid van diere te verbeter, en die gemeenskap op te voed. Besoek die stalletjie om van hul oulike honde te ontmoet wat beskikbaar is vir aanneming en kom woon een van ons hondvriendelike geleenthede en hondestaptogte by met ’n viervoet aan jou sy.