Met Dean John Smith, Mienke Ehlers
In ’n Suid-Afrika waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte te leef en om met woorde te baklei. Hoe sê jy “Ek’s lief vir jou” as taal self gevaarlik geword het? Hierdie ontroerende stuk ondersoek wat liefde, vryheid en die krag van ’n mens se stem binne beperkinge beteken.
Vervaardiger Unusual Bones
Regisseur, teksverwerking en ontwerp Kanya Viljoen
Skrywer Sam Steiner
Musiek Rynhardt van Blerk
Verhoogbestuur Natalie Fraser
’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en KKNK, moontlik gemaak deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en The Jobs Fund.