Moederkerk-orrelweek: Arnold Miller

Klassieke musiek
English, Afrikaans
Gesin
30 Minute
5 Oktober
13:15
R115 | R145 by die deur

Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap

Met Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg en Andrea Kaiser-Mitas, Zorada Temmingh

Een van die gewildste orrelwerke is marse, sekerlik vanweë die aansteeklike ritme en die feit dat marse meestal die krag van die orrel feestelik ten toon stel. Elke orrelis se program bevat minstens twee oorspronklike marse vir orrel. Danse word ook ingesluit, veral dié wat hoogtrappassies vereis! Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar se orreliste is van Stellenbosch, Kaapstad en Pretoria.

Koördineerder Zorada Temmingh
Ondersteun deur dieMoederkerk Stellenbosch

5 tot 9 OKT 13:15-13:45

Arnold Miller

Opwindende 19de eeuse marse van Jacques Nicolas Lemmens en Alexandre Guilmant, saam met ‘n 20ste eeuse mars van William Matthias, word gebalanseer deur ‘n rustige cantilena van Josef Rheinberger en ‘n vrolike chaconne van Pachelbel. Miller is orrelis van die Nuwe Apostoliese kerk De Kuilen.