Resonans-gespreksreeks: Hoog tyd vir Die waarheid

Diskoers
Afrikaans
50 Minute
6 Oktober
14:30

Met Johan van der Merwe en paneellede

Niks is meer seker nie. Wat is nog waar? “Deepfakes” maak dit onmoontlik om jou oë te glo. KI skryf preke, maak kuns en boots menslike denke na. Ons leef in ‘n tyd waar die grens tussen eg en vals vervaag – nie net in die tegnologie nie, maar ook in die politiek, die media en in verhoudinge. As niemand meer weet wat waar is nie, wat beteken dit om te sê “Ek is die Waarheid”? Is geloof die laaste vesting van die waarheid, of nog ‘n bron van illusie?

Aangebied deur Stellenbosch Moederkerk