Met Karina Erasmus(dirigent), Elizca Mulder(begeleier),Marlene Cerfontyne (viool),Lize Jansen van Vuuren (dwarsfluit), Schalk Joubert (baskitaar), Schalk Wasserman (perkussie)
Die internasionaal bekroonde Tygerberg Kinderkoor bring ‘n program vol intieme en gewyde werke tot uitbundige, vreugdevolle liedere. Die program is ‘n ode aan ons voorste Suid-Afrikaanse komponiste, onder andere Pieter Bezuidenhout, Franco Prinsloo, Anton Esterhuyse, Michael Barrett en Marthie Driessen. Die hele program vier die Suid-Afrikaanse musiekskat.