Wat om te doen as die wêreld brand

Spier Toneel
Afrikaans, English
o/14
70 Minute
6 Oktober
12:00
7 Oktober
19:30
R195-R280 | R225-R310 by die deur

Met Elzabé Zietsman, Jody Jason Peterson(klavier)

Die wêreld is aan die brand, maar die engel/orakel/demi-godin wat eiehandig die kliëntedienssentrum van die kosmos beman, is afgeboek weens uitbranding. Die groot opsigter van die heelal het heeltemal genoeg gehad. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan waar hulle dreig om verwoesting te saai? In hierdie kabaret vertolk Elzabé Zietsman die rol van ’n “Vra Dr. Adri”-troostante vir alles en almal in die universum, met vurige vertolkings van bekende treffers en ’n pragmatiese benadering tot oorlewing in tye wat voel soos die einde.
Dis benoem vir drie Kanna-toekennings by die 2026 KKNK.

Vervaardiger Drama Drama Produksies
Regisseur en skrywer Bibi Slippers