Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

Met Herschelle Benjamin as gasheer in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch wat stampvol was van skrywers en literatuurliefhebbers is Tarina Jordaan Saterdagaand uit 371 inskrywings aangewys as wenner van die Stellenbosch Woordfees se tiende jaarlikse kortverhaalkompetisie. Jordaan kry altesaam R30 000 met die komplimente van EasyEquities, en elke skrywer wat in die bundel opgeneem word ontvang […]