Hartlik geluk aan al die Fiësta-benoemdes

Die benoemings vir die 13de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, Toyota US Woordfees en die Vrystaat Kunstefees – kom in aanmerking vir dié pryse. “Die stiller jaar ná die pandemie het allermins kunstenaars se kreatiwiteit gekortwiek,” sê die sameroeper […]

2020 Toyota US Woordfees-programbekendstelling

Die 2020 Toyota US Woordfees-program is Maandagaand 18 November by die Rust en Vrede Landgoed buite Stellenbosch bekend gestel. Hier is ‘n paar van die gaste wat die partytjie op die “groen tapyt” voor die ou Kaaps-Hollandse herehuis geniet het. Die bekende omroeper en oud-Matie Sherlin Barends was die seremoniemeester. Die SU Jazz Band, Danie […]

André van der Merwe ontvang Kanselierstoekenning

Toyota US Woordfees

André van der Merwe is al 17 jaar lank dirigent van die internasionaal gerekende Stellenbosch Universiteitskoor. Hy word vanjaar met ’n Kanselierstoekenning vir sy werk vereer. Die gesogte Kansellierstoekennings gee erkenning aan personeellede van die Universiteit Stellenbosch wie se loopbane van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en/of professionele dienste getuig. […]

Bekroonde ‘Die vegetariër’ neem trefkrag, -beelde na Baxter

*Met Engelse onderskrifte Klink ’n toneelstuk oor iemand wat besluit om ’n vegetariër te word dalk na ’n grap? Nie as dit relevante, sensitiewe en polariserende kwessies soos geslagsverhoudings, seggenskap, onderdrukking en identiteit onder die loep trek nie.  Vir Willem Anker, wat die vertaling en verhoogverwerking van Die vegetariër uit die Engelse weergawe van die […]