deel banner 2

Feeswenke vir gedeelde vreugde

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n inklusiewe basaarpoeding van menings, agtergronde, kulture en oortuigings. Ons skep ’n platform met die hoop en strewe om deur diverse uitdrukking en ons onderskeie ervarings eenheid én mekaar te vind en vier. In die gees van ons feestema, Deel, vra ons dat jy medefeesgangers respekteer en op ’n opbouende manier van mekaar verskil.

Skakel asseblief jou selfoon af voor alle vertonings, los die baba en die hond by die huis, loop ’n draai voor jy gaan sit en deel jou lewensverhaal of opinie liefs ná die tyd. Geen laatkommers word by opvoerings ingelaat nie. Kosstalletjies en kontantkroeë is by meeste venues beskikbaar. Ondersteun asseblief ons verskaffers – geen eie kos en drank word by venues toegelaat nie. Ruim minstens 30 minute in om verversings en drankies voor vertonings te koop. Kroeë sluit 15 minute voor ’n vertoning begin om almal betyds in die venue te kry.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees groei organies en vir optimale benutting van ruimte lyk die feeskern in 2025 anders as die afgelope paar jaar:

  • Die EasyEquities Skrywerskamer (en -fees) word vanjaar gehuisves in Die Khaya reg langs die Kruiskerk in Ryneveldstraat.
  • Die Khaya-kafee (die parkeerterrein voor Die Khaya) huisves vanjaar die Exclusive Books Boekwinkel. Daar is ook ‘n gesellige restaurant met koffie en heerlike eetgoed.
  • Ons Diskoersprogram, wat die Netwerk24-gespreksreeks insluit, vind hoofsaaklik in die Netwerk24 Diskoerstent agter die US Museum plaas. Die Netwerk24 Feeskafee is ook vanjaar hier.
  • RSG saai uit vanaf die RSG/ATKV-vierkant agter die US Museum.
  • Science Café en Studentediskoers vind in die US Konservatorium se amfiteater plaas.
  • Afterpaartie is Maandag- tot Vrydagaand om 22:00 in Die Khaya-kafee. Maak seker dis jou laaste stop.

DROSTDY-TEATER

Kom geniet iets te drinke by die kroeg voor of ná die vertoning. Danksy ’n nuwe hysbak is dié teater nou geskik vir rolstoelgebruikers.

IDASVALLEI PRIMÊR

Die nuwe skoolsaal by Idasvallei Primêr word gebruik as toneelvenue. Toegang en oorgenoeg veilige parkering uit Rustenbergweg.

JAN MARAIS-NATUURRESERVAAT

Geniet ’n buitelugkonsert in dié Stellenbosse park met verskeie kosstalletjies (geen eie kos of drank word toegelaat nie). Onthou om warm klere saam te bring. Bring eie stoele en piekniekkomberse.

OPEN WINDOW

Die Open Window-kampus in Oude Molen huisves ook vanjaar ’n toneelvenue en is geleë in Distilleryweg.

THE DAISY JONES BAR

By dié musiekvenue op die Summerhill- wynlandgoed langs die Agter-Paarlpad ongeveer 5 km buite die dorp kan jy eet, drink én dans. Ruim genoeg tyd in om daar uit te kom of gebruik die gerieflike Toyota Pendeldiens.

SPIER

Ons gebruik die Spier-amfiteater vir opera en standup-komedie. Bring asseblief iets warms saam en laat genoeg tyd om van die parkeer- plek tot by die teater te kom. Die ouditorium is in die Spier-konferensiesen- trum. Gebruik gerus die Toyota Pendeldiens van die Kochstraat Parkeer & Pendel.

Volg die Woordfees op Facebook, Instagram, X of op ons WhatsApp-kanaal, en teken in op ons nuusbrief. Besoek ons webwerf vir inligting, toevoegings, bykomende vertonings, programveranderings en nuus. Geniet ook ons feeskoerant, INK, met resensies, profiele en kommentaar gratis gedurende die fees op woordfees.co.za.

Beurtkragskedules kan op baie kort kennis- gewing verander, maar die Woordfees gebruik kragopwekkers in byna alle venues en vertonings gaan voort as die krag af is. Vertonings sal dus selde weens beurtkrag gekanselleer of uitgestel word.

Die Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart óf gebruik SnapScan.

Stellenbosch is ’n ou dorp met smal strate en min parkeerplek. Laat dus genoeg tyd toe om van die een vertoning tot by ’n volgende te kom. Parkeer gratis regoor Rhenish Girls’ High in Kochstraat (ingang uit Parkstraat) en pendel met ’n feesbussie daarvandaan. Dag- kaartjies kos R50 en ’n kaartjie wat jy vir die volle duur van die fees kan gebruik, kos R200.

Met die uitsondering van een ruimte is al die Woordfees se venues ingerig vir rolstoelge- bruikers. Slegs die Dylan Lewis-beeldetuin is ontoeganklik vir rolstoelgebruikers. Dit is wel noodsaaklik om by alle venues vooraf reëlings te tref vir hulp met toegang en veral parkering – skakel 079 256 0398.

Oktobermaand is lente – en bedags is dit warm op Stellenbosch. Bring ’n sonhoed en sonskerm saam, en drink genoeg water. Maar al is die dae warm, word dit vinnig koud sodra die son sak. Bring warm klere of ’n kombers vir buitelugvertonings.

’n Uitgebreide paneel kun- diges woon alle vertonings van die Toyota Stellenbosch Woordfees by om die beste kunstenaars en aanbie- dings in 29 subkategorieë te bepaal. Die wenners word op ’n toekenningsgeleentheid in November aangewys.

Nooddienste vanaf enige selfoon: 112

Netcare: 082 911
ER24: 084 124
Mediclinic Stellenbosch (ongevalle): 021 861 2094

Stellenbosch Provinsiale Hospitaal (ongevalle): 021 808 6100

Kampusgesondheidsdienste: 021 808 3494/6

US Kampussekuriteit (noodgevalle):
021 808 2333

Stellenbosch-munisipaliteit se Noodgevalle

24/7: 021 808 8890

Stellenbosch-brandweer: 021 808 8888

SAPD
Noodgevalle (nasionaal): 10111 Stellenbosch: 021 809 5000 / 5015 / 5012

Woordfeeskantoor (algemene navrae): 079 256 0398

Rolstoelbesprekings: 079 256 0398

Feesreëls

  • Die Toyota Stellenbosch Woordfees is kontantloos.
  • Vir navrae oor kaartjies, kontak support@quicket.co.za | 021 424 9308.
  • Sodra jy vir ’n kaartjie betaal het, kan jy dit nie omruil of jou geld terug eis nie, behalwe wanneeer ’n produksie gekanselleer word. In die geval van kansellasies van vertonings of verandering van venues, sal Quicket jou direk per e-pos/SMS kontak. 
  • Geen terugbetaling van kaartjiegelde sal toegestaan word indien jy laat vir ’n vertoning opdaag en die venue se deure reeds gesluit is nie, met die gevolg dat jy die vertoning misloop.
  • ’n Geldige kaartjie, hetsy in gedrukte of digitale formaat, word vir toegang tot alle vertonings benodig.
  • Hou asseblief jou kaartjie gereed om by die ingang van elke venue geskandeer te word.
  • Sodra ’n kaartjie geskandeer is, kan dit nie weer gebruik word vir toegang tot dieselfde vertoning nie.
  • Buiten vir vertonings by die Jan Marais-natuurreservaat en The Daisy Jones Bar, sluit die die deure van alle venues sodra die vertoning begin en sal geen laatkommers toegang tot die lokaal verkry nie. 
  • Buiten vir kinderteater word geen uit- en inloop tydens ’n vertoning toegelaat nie.
  • Geen kinders onder die ouderdom van 18 word sonder ouertoesig by The Daisy Jones Bar toegelaat nie.
  • Toegang vir kinders onder die ouderdom van 7 is gratis by die Jan Marais-natuurreservaat.
  • Geen kos of drankies wat nie by die venues gekoop is nie, word by die venue toegelaat nie.
  • Maak asseblief waar moontlik gebruik van die Toyota Pendeldiens om die verkeersdruk in die dorp te verlig en om te verseker dat jy betyds by vertonings aankom. 
  • Gebruik slegs aangeduide parkeerareas om die pendeldiens te gebruik.
  • Volg asseblief alle rigting-, veiligheids- en inligtingsborde tydens die fees en by venues.
  • Kaartjies vir die pendeldiens kan aanlyn gekoop word by Quicket, of in person by die Toyota Stellenbosch Woordfees se kaartjiekantoor, of by pendel-punte (Kochstraat of Ryneveldstraat). Indien jy jou kaartjie by Quicket gekoop het, moet jy dit laat skandeer by die pendelpunte in ruil vir ’n toegangsbandjie. 
  • Pendeldiensgebruik is vir jou eie risiko – jy vrywaar dus die fees en pendeldiensdrywers van enige verantwoordelikheid vir beserings aan jou persoon of vir verlies van jou besittings.
  • ’n Daaglikse of weeklikse pendelbandjie is ’n vereiste om die pendeldiens te kan gebruik.
  • Kunstenaars en BBP-gaste moet hul akkreditasie toon om die pendeldiens te kan gebruik.
  • Geen alkohol, dwelms, wapens, glashouers of rook (insluitend vapes) word in die pendelsdiensvoertuie toegelaat nie.
  • Volg asseblief die instruksies van die pendeldiensdrywers en die feespersoneel.
  • By die Spaar Bar kan jy halfpryskaartjies koop vir sekere vertonings wat binne vier uur plaasvind. Byvoorbeeld as jy 9:00 by die Spaar Bar is kan jy halfpryskaartjies koop vir sekere vertonings tot en met 13:00 daardie dag. 
  • Die Spaar Bar is van 11 tot 19 Oktober van 09:00 tot 15:00 oop by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. 
  • Hierdie aanbieding sluit leefstyl-items waar kos en drank bedien word, uit.
  • In die laaste uur wat die Spaar Bar oop is, van 15:00 tot 16:00, is sekere kaartjies vir die res van daardie dag halfprys.
  • Slegs van toepassing op sekere produksies.
  • Afslag is nie van toepassing op kaartjies wat by ander feesvenues gekoop word nie.
  • Tydsbestuur is belangrik om teleurstelling weens lang rye te voorkom.

Alle verlore items moet of by die venue waar dit gevind is aan die venuebestuurder oorhandig word of by die Woordfeeskantoor (Erfurthuis) ingehandig word. Indien jy iets verloor het, doen asb navraag daaroor by die venue of by die Erfurthuis. 

  • Persone onder die ouderdom van 18 word nie toegelaat om alkohol tydens die fees of by vertonings te gebruik of aan te koop nie. ID-kontrole sal by alle kroeë toegepas word.
  • Geen alkohol wat buite die feesterrein aangekoop is, word op die feesterrein toegelaat nie.

Geen wapens of gevaarlike items word op enige plek tydens die fees toegelaat nie.

Die gebruik, besit of verkoop van onwettige dwelms is streng verbode.

Rook, insluitend e-sigarette en vapes, word slegs in aangeduide rookareas toegelaat. Rook word nie in enige binnenshuise venues toegelaat nie.

  • Help ons om die fees skoon te hou deur van die voorsiene vullis- en herwinningsdromme gebruik te maak.
  • Moenie enige eiendom, strukture of natuurlike elemente by enige van die feesvenues beskadig nie.
  • Respekteer en volg alle instruksies van sekuriteits- en veiligheidspersoneel.
  • Vir enige mediese noodgeval, soek asseblief onmiddellik vir die mediese beampte aan diens.
  • Wees bewus van jou omgewing, moenie op enige strukture of heinings klim nie en rapporteer enige veiligheidsgevare of verdagte gedrag aan personeel.

Algemene vrae

Die gratis gedrukte feesgids is vanaf by die Woordfeeskantoor in die Erfurthuis (Ryneveldstraat 37, Stellenbosch) te kry, en ook by verskeie biblioteke, boekwinkels, toeristeburo’s en gastehuise in die Wes-Kaap.

Kaartjies is by quicket.co.za te koop. Vir spesiale aandag, raad en leiding, maak ’n draai by ons kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Handelsure is van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00. Gedurende die fees is dié kantoor daagliks van 08:00 tot 19:00 oop.

Kosstalletjies en kontantkroeë is by die meerderheid van die venues beskikbaar. Piekniekmandjies en eie drank word nie by buitelugkonserte toegelaat nie.

Geen laatkommers word toegelaat by opvoerings nie. Begroot minstens 30 minute vir aankope van verversings en drankies voor vertonings.

Nee. Die Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart of SnapScan.

Met die uitsondering van een ruimte is al die Woordfees se venues ingerig vir rolstoelgebruikers. Slegs die Dylan Lewis-beeldetuin is ontoeganklik vir rolstoelgebruikers. Dit is wel noodsaaklik om by alle venues vooraf reëlings te tref vir hulp met toegang en veral parkering – skakel 079 256 0398.

Adverteer by die fees

 

Vir borgverwante sake en om by die Woordfees te adverteer, kontak asseblief vir Marlise Serfontein: marlises@woordfees.co.za