TOYOTA MUSIEKFEES
As jazz met jou vry, beter hy in dieselfde kamer as jy wees
Produksie: Jazz at Petites Bulles: Nicholas Miso & Melisizwe Plaatjie
Skrywer: Jo-Ann Floris
Foto’s: Verskaf
Jazz en klein, intieme venues is ideale pasmaats. Veral as dit ’n stem is soos Nic Miso met Melisizwe Plaatjie wat die klawers streel en laat praat in tale.
Plaatjie het verlede jaar ’n Woordtrofee ontvang as beste opkomende kunstenaar, en vandat die eerste note val, trek daar ’n behaaglikheid deur die gehoor. Daar is die belofte van die kwaliteit van klanke wat hier gaan opklink .
Hulle stel nie teleur nie. Nic kan note diep, diep gaan uithaal en teen die tyd dat dit oor sy lippe spoel, is dit pure genot op die oor.
Die volgepakte Petites Bulles was ’n ontvanklike gehoor.
Omdat die musiek jou innooi, opchat, ’n soentjie wil steel, is dit egter moeilik as jy nie jou vryer kan sien, of selfs in dieselfde kamer is nie.
Dit was een van die goed wat gekrap het tydens die jazzduo se konsert by Petites Bulles, een van die relatief nuwe venues by die Woordfees. Dit, en die feit dat kelners deur ’n venue wat van hoek tot kant volgepak was, moes vleg om kos en wyn te bedien. Baie steurend as jy eintlik daar is vir die musiek om oor jou te spoel en iemand stamp aan jou om met ’n skinkbord verby te skuur.
Gaste moes in drie verskillende vertrekke sit, wat nie sal pla as jy daar eet of met vriende kuier nie, maar lol as jy na ’n vertoning kom kyk waar jy nie die kunstenaars kan sien nie.
Dit is sleg met iets so intiem soos die duo se uitvoering, en veral omdat hulle met reg beskryf word as van die belowendste jazz-musikante. Albei is honneurs-studente aan die Universiteit Stellenbosch se Konservatorium.
Felicia Lesch, voorheen betrokke by die US se Jazz Band en as dosent, was die aand ook daar – Nic en Melisizwe is nog studente van haar noudat sy “semi-afgetree” is.
Baie steurend as jy eintlik daar is vir die musiek om oor jou te spoel en iemand stamp aan jou om met ’n skinkbord verby te skuur.
Hier is, in haar eie woorde, haar beoordeling van die aand:
- The programme was a good mix of original material and well-loved covers and jazz standards. With Nic on voice and Melisizwe on piano, this duo presented a polished, well thought-out performance which was perfectly suited to the intimate setting of Petite Bulles.
- They opened the concert with my all-time favourite, “Throw it away” by Abbey Lincoln, sung passionately by Nic, and included songs like “Mango Picker” with its tricky 7/4 rhythms, which Plaatjie had the audience clap.
- They paid tribute to Mafikizolo with a soulful rendition of “Emlanjeni” and demonstrated their versatility with the inclusion of “Yellow Brick Road” and other favourites.
- Two original tunes – “Pursuit of Happiness” and “Better Days”, written by Miso and Plaatjie respectively – were also featured on the programme, and were warmly received by the audience.
- Plaatjie has learnt the art of setting the atmosphere at the start of the concert with soulful solo piano playing from his mentor and lecturer Ramon Alexander, and adds his own tonal colours to create his unique sound. He uses this same technique to segue from one song to the next, creating a seamless melodic sonic experience for the listener. His solo performance of “Mannenberg” was refreshing.
- In classical terms, Nic Miso is a counter tenor, but he is currently exploring and applying his unusual vocal range to genres outside of the Western Art Music oeuvre, and he is undoubtedly going to be a force to be reckoned with in the future as he grows.
’n Punt van kritiek van haar was dat Nic meer sy oë moet oopmaak as hy sing, sodat hy beter met die gehoor “praat”.
Met die konsep is daar niks fout nie, met die musiek nog minder, inteendeel, dis van die hoogste gehalte. Maar herbesin asseblief waar dit aangebied word. En as die program ’n uur se musiek belowe, moenie afskeep met tyd nie.