‘ ’n Begin’: Akteurspaar verken moderne verhoudings in Jhb

Die bekroonde akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel speel volgende jaar in Johannesburg weer teenoor mekaar in ’n Begin – ’n aangrypende en delikate ondersoek na moderne verhoudings. Dis die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe plek se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die plek is ’n gemors en hulle ook… […]
’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Woordfees is in wording

Die 2021 Toyota US Woordfees sal nie in die beplande formaat van 17 tot 24 September in Stellenbosch kan plaasvind nie, maar daar word reeds hard gewerk aan ’n opwindende alternatief. Meer besonderhede oor hierdie landswye Covid-veilige viering van die kunste sal binnekort bekend gemaak word. Die kansellasie van die tradisionele fees, wat altyd maande […]
’n Groot, warm dankie

Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd en in Namibië uitgesaai op DStv-kanaal 150. In Namibië was dit ook op GOtv-kanaal 15 beskikbaar. Woordfees TV sou egter nie kon gebeur sonder die inkoop, diep delf en vindingrykheid […]
’n Groter belegging in die kunste: Die Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande

Stellenbosch – EasyEquities is nou ’n Platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings. EasyEquities is sedert 2022 ’n Goue borg by die fees en gee vanjaar weer hul voortgesette ondersteuning aan projekte wat hulle oor […]
’n Sak–pas-fees vir studente

Dis amptelik lente in die Boland, en oor minder as twee maande is dit weer tyd vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees. Daar is byna 400 items op die program, van musiek en teater tot open mics en meer. Maar moenie dat dit jou afskrik nie. Die Woordfeesspan het spesiaal ’n aantal shows uitgekies om die smaak en […]
Dis weer ’n lente-Woordfees in die Boland

Die Toyota US Woordfees vind volgende jaar nogmaals in die lente plaas van 7 tot 15 Oktober. Dié besluit is geneem in oorleg met verskeie rolspelers en belanghebbendes, insluitend borge en donateurs, ander kunstefeeste, kunstenaars, feesgangers, vervaardigers, skole, diensverskaffers en die gasvryheidsbedryf. “Vanweë tydsdruk sou dit onmoontlik wees om reeds ’n fees in Maart 2023 […]
Hartlik geluk aan al die Fiësta-benoemdes

Die benoemings vir die 13de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, Toyota US Woordfees en die Vrystaat Kunstefees – kom in aanmerking vir dié pryse. “Die stiller jaar ná die pandemie het allermins kunstenaars se kreatiwiteit gekortwiek,” sê die sameroeper […]
13 kykNET Fiëstas vir Toyota Stellenbosch Woordfees

Die Toyota Stellenbosch Woordfees het gisteraand, 23 Maart, 13 toekennings by die kykNET Fiëstas-toekennings ontvang, insluitend produksie van die jaar en ’n spesiale Blou Fiësta. Die 16de kykNET Fiëstas is tydens ’n glansgeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou. Die Toyota Stellenbosch Woordfees het die volgende toekennings ontvang: BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER Ek is […]
2020 Toyota US Woordfees-programbekendstelling

Die 2020 Toyota US Woordfees-program is Maandagaand 18 November by die Rust en Vrede Landgoed buite Stellenbosch bekend gestel. Hier is ‘n paar van die gaste wat die partytjie op die “groen tapyt” voor die ou Kaaps-Hollandse herehuis geniet het. Die bekende omroeper en oud-Matie Sherlin Barends was die seremoniemeester. Die SU Jazz Band, Danie […]
47 benoemings by kykNET Fiëstas!

Die Toyota Stellenbosch Woordfees het 47 benoemings by die 16de kykNET Fiëstas-toekennings ontvang. Hartlik geluk aan al die genomineerdes, asook aan ons sustersfeeste. Breyten Breytenbach se eerste toneelstuk, Boklied, loop voor met 12 benoemings, insluitend Produksie van die jaar en Beste aanbieding. Onder die individule uitblinkers is Albert Pretorius met vier nominasies (insluitend Beste akteur) […]
Aandag dramaturge: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

Goeie nuus aan alle dramaturge: Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. Die drie wenners ontvang onderskeidelik R100 000, R50 000 en R25 000 wat dit die grootste kompetisie van sy soort in die land maak. Inskrywings is nou oop. […]
André van der Merwe ontvang Kanselierstoekenning

André van der Merwe is al 17 jaar lank dirigent van die internasionaal gerekende Stellenbosch Universiteitskoor. Hy word vanjaar met ’n Kanselierstoekenning vir sy werk vereer. Die gesogte Kansellierstoekennings gee erkenning aan personeellede van die Universiteit Stellenbosch wie se loopbane van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en/of professionele dienste getuig. […]