Bekroonde ‘Die vegetariër’ neem trefkrag, -beelde na Baxter

*Met Engelse onderskrifte Klink ’n toneelstuk oor iemand wat besluit om ’n vegetariër te word dalk na ’n grap? Nie as dit relevante, sensitiewe en polariserende kwessies soos geslagsverhoudings, seggenskap, onderdrukking en identiteit onder die loep trek nie.  Vir Willem Anker, wat die vertaling en verhoogverwerking van Die vegetariër uit die Engelse weergawe van die […]

Bekroonde ‘Speelgoed van Glas’, ‘Glass Menagerie’ in Augustus by die Baxter

Speelgoed van glas

Met: Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin Regie, vertaling en ontwerp: Nico Scheepers Verhoogbestuur: Nell van der Merwe Speelgoed van glas, Nico Scheepers se bekroonde verwerking en vertaling van Tennessee Williams se Engelse meesterstuk, kry ’n interessante nuwe baadjie by die Baxterteater in Kaapstad.  Die gelyknamige The Glass Menagerie is Nico […]

Die 2021 Toyota US Woordfees skuif na September

Woordfees 2021

Die 2021 Toyota US Woordfees word aanstaande jaar vir die eerste keer ’n Stellenbosse lentefees. Dié besluit – om die fees van 17 tot 24 September 2021 aan te bied – is in oorleg met die Universiteit Stellenbosch en verskeie ander belanghebbendes geneem.  Die Woordfees-organiseerders het verskeie moontlikhede ondersoek om die fees na óf Februarie […]

Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit

speel

Die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees bot, blom en bruis dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas.  Die 2024-program bied aan feesgangers die geleentheid om met oorgawe uiting te […]

Die beste plekke vir ’n borrel in die Boland 

Die Toyota US Woordfees vind vanaf 7 tot 15 Oktober in Stellenbosch plaas. Kaartjies is nou by Quicket beskikbaar. Met om en by 640 unieke aanbiedings wat in meer as 50 venues in en om die Eikestad aangebied word, is dit beslis ’n goeie idee om jou feestrategie te beplan. Hier is ’n paar wenke […]

Die fees in foto’s

Ons het geborrel dat dit bars, en ons bruis steeds van opwinding oor vanjaar se Woordfees. ‘n Hartlike dankie aan al ons entoesiastiese en bedagsame feesgangers, die kunstenaars wat alles gegee het, ons donateurs (Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi • Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief, Jannie Mouton Stigting, Johann Brink Trust, L.W. Hiemstra Trust en WF20), […]

Die laaste regte magic

Die teatermaker Nico Scheepers het vinnig naam gemaak met Amper, Vrystaat en Nêrens, Noord-Kaap. Vanjaar is hy by die Toyota US Woordfees met drie toneelstukke – Die engel by die dam, Triple Axel en die Fiësta-benoemde Tien duisend ton.  Inspirasie is oral om ons, sê die dramaturg-regisseur Nico Scheepers. Soms klim woorde en beelde van nêrens af in jou kop in, en dan […]

Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel

Woordfeeskortverhaalbundel-wenners

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit in kortverhale van die bekroonde digters Jolyn Phillips en Lynthia Julius, wie se suster Sisca Julius ook die bundel gehaal het.  “Elke jaar lees ek en my medekeurders, Valda Jansen en Marius Swart, die ongeveer vyftig verhale op die kortlys met groot […]

Dié skrywers het die 2024 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel gehaal

Twee-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die negende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit pennevrugte in van gedugte skrywers soos Frederik de Jager, die bekroonde joernalis Murray La Vita, en Daneel Jantjies wat laasjaar gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool.  “In nege jaar het die kompetisie wat die basis van die Woordfeesbundel vorm […]

DIE TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES-PROGRAM IS HIER!

Die program vir die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is NOU beskikbaar en kaartjieverkope open op 26 Junie. Maar indien jy nie kan wag nie en die fees wil ondersteun, kan jy by ons lojaliteitsprogram aansluit en voor in die tou spring om jou kaartjies nou te koop. Dié program bied verskillende vlakke van betrokkenheid aan lojaliteitslede […]