Die tweede Woordfees-kunsveiling en meegaande uitstalling in die Stadsaal

Die jaarlikse Toyota US Woordfees-kunsveiling, in samewerking met Strauss & Co, vind op 12 Oktober in die Stellenbosse stadsaal plaas. Die kunswerke waarop vanjaar gebie kan word, word voor die veiling in die Stadsaal uitgestal en sluit werke deur bekende en opkomende kunstenaars in wat elke sak sal pas. “Die werke op uitstalling is ongelooflik […]

Die vermoeienis van vlerke

Sara is bipolêr, kompulsief, spring-lewendig en haat vroue wat weet hoe om cupcakes te maak. Haar man is op ’n missie om die regte behandeling vir haar te vind. Dié kragtige stuk oor vriendskap, wan-funksionaliteit, ver-sla-wing en engele is ’n boeiende blik op die impak van gemoedsteurnisse op ’n gesin. Saartjie Botha het die internasionaal bekroonde The […]

Die wenners van die US Woordfeeskortverhaalkompetisie is …

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die feesdatums vir 2022 as gevolg van die Covid-pandemie nog nie gefinaliseer is nie, sal die feestema, en daarmee ook die titel van die bundel, eers […]

Die Woordfees kom huis toe – na jou toe

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 150 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021. Alle DStv-intekenaars met ’n Premium- of Compact Plus-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die program […]

Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep

In die eerste Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal van 6 […]

EasyEquities belê in jou en in Woorde open Wêrelde

EasyEquities

Kyk hoe kyk hy vir my, en daar is vyftig randjies vir jou! Jou registrasie vir ’n gratis EasyEquities-beleggingsrekening bring R50 in beide jou sak om te belê asook R50 in die Woorde open Wêrelde-beursfonds (WOW) vir studie aan die Universiteit Stellenbosch (US).  WOW, ’n bemagtigingsprojek van die Stellenbosch Woordfees en die US, vier in […]

En die groot wenner is …

… Lynthia Julius vir haar storie “Plat lê soos ‘n Minora blade”. Julius is as algehele wenner aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in die Hofmeyr-saal in Stellenbosch op 10 Oktober. Sy wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, het prysgeld van R5 000 […]

Fees en geniet verniet!

Woordfees 2021 Stellenbosch

Die groot Diskoersprogram, tweederdes van die Filmfees en ’n opwindende aanbod van kunsuitstallings is mahala. Diskoers Oop gesprek en ’n entoesiastiese uitruil van standpunte oor aktuele kwessies is ’n gewaardeerde tradisie by die Woordfees. Vanjaar gaan die tonge weer lekker klap. In die Netwerk24-gespreksreeks, onder leiding Christi van der Westhuizen en Pieter du Toit, is daar, onder meer, interessante […]

Flikker & Flash: Wat jy moet weet

Waar: Stellenbosch-middedorpWanneer: Vrydag en Saterdag, 9 en 10 April Aanbiedings:Vrydag, 9 April, 18:30 – 21:30:’n poësie- en musiekaandSaterdag, 10 April, 16:00 – 18:00:Straatsoiree, aangebied deur Stellenbosch Wine RoutesSaterdag, 10 April, 18:00 – 22:30:’n wye verskeidenheid van kort vertonings (5-15 minute elk) met ’n orreluitvoering in die Moederkerk ter afsluiting van die feestelikhede. Hier is antwoorde op al […]

Foto’s: All who pass

1974: Uitsetting. Die inwoners van Distrik Ses word deur die apartheid-regime uit die hart van Kaapstad verskuif. ’n Gesin bring hul laaste nag in hul huis deur. 2019: Restitusie. ’n Dogter keer terug om haar erfporsie op te eis en word oorweldig deur herinneringe. Kan sy die spoke van die verlede uitdryf? Met: Elton Landrew, Iman […]

Foto’s: Die poet, wie’s hy?

Adam Small, het nie in diens van politiek of enige sosiale gelofies gestaan nie. Sy trou het by sy gewete gelê. Sy taal het ‘n atmosfeer, ’n merkwaardige teenwoordigheid, ‘n presence geskep. Dit dra die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat. Wie’s die poet, wat ons steeds help om ons herkoms […]

Foto’s: Die Sonkamer

Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel. Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood. Kwesbare […]