Die tweede Woordfees-kunsveiling en meegaande uitstalling in die Stadsaal

Die jaarlikse Toyota US Woordfees-kunsveiling, in samewerking met Strauss & Co, vind op 12 Oktober in die Stellenbosse stadsaal plaas.

Die kunswerke waarop vanjaar gebie kan word, word voor die veiling in die Stadsaal uitgestal en sluit werke deur bekende en opkomende kunstenaars in wat elke sak sal pas. 

“Die werke op uitstalling is ongelooflik uiteenlopend, in sy geheel bring die uitstalling vreugde. Dit is ‘n visuele tonikum. Die uitstalling pas dus goed by die bruising en sprankeling van die feestema – Borrel. Dis ‘n verfrissende ervaring in ‘n wêreld waar kuns geneig is om baie ernstig en somber te wees,” sê die kurator, Teresa Lizamore.

Van die 180 werke wat uitgestal word, kom om en by 90 by die veiling onder die hamer.

Werk van die volgende opwindende kunstenaars is op die uitstalling te sien én by die veiling te koop:
Chris Diedericks
Willie Bester
Conrad Botes
Wilma Cruise
Manyatsa Monyamane
Guy du Toit
Gordon Froud
Anton Kannemeyer
Claudette Schreuders
Peter Mammes
Michael Selekane
Mbali Tshabalala

Gerekende kunstenaars waarvan werk te sien maar nie te koop is nie, sluit in:
Ruhan Janse van Vuuren & Diane Victor (in samewerking gemaak)
Justice Mukheli
Judy Woodborne 

Sluit gerus op 12 Oktober vanaf 18:00 by ons aan om te deel in die opwinding van die veiling. Voornemende kopers sal ook aanlyn en per telefoon kan bie. Strauss & Co sal binnekort ‘n katalogus met die werke wat te koop is, aanlyn beskikbaar stel. Hou ons sosiale media en webwerf dop vir verdere besonderhede.

Al die werke word vir die duur van die fees in die stadsaal uitgestal. Daar sal op 10, 11 en 12 Oktober rondleidings om 10:00 aangebied word. Die rondleiding duur ongeveer 50 minute en is gratis.

Uitstalling | 7–15 OKTOBER 10:00-18:00 | Stadsaal | Gratis 

Kunsveiling | 12 OKTOBER 18:00 vir 18:30 | Stadsaal | Gratis

Facebook
Twitter
LinkedIn