’n Fees vir die oog: Visuele kuns by die Woordfees

Die Toyota Stellenbosch Woordfees se Visuele kunsprogram is op 11 Oktober geopen.  In samewerking met Strauss & Co en RESERVOIR is die uitstallings en kunsveiling ’n ware fees vir die oog.  US Museum: Besigtig daagliks van 09:00 tot 18:00 die werk van ons feeskunstenaars Xhanti Zwelendaba en Benjamin Stanwix.   Stadsaal: Die Toyota Stellenbosch Woordfees […]

Galery | Skrywersfees: Leefstyl

Indigenous Garden Plants: A Garden Walk Fotograaf: Pierre Rommelaere South African Indigenous Garden Plants is ’n omvattende gids met nuttige inligting en foto’s van 2 400 inheemse tuinplante. Om deur die boek te blaai is byna so vervullend as die ware Jakob – die vars lug en grond van jou eie tuin onder jou vingernaels. […]

Galery | VIA by die 2025 Woordfees

VIA se gewilde speletjiesprogramme Slim vang sy baas en Klankbank was terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir twee ure van plesier met Bier-uur! Feesgangers het kom kuier, speel en ’n gratis bier met die speletjiesmeesters Beer Adriaanse en Arno Greeff geniet. En wat is ’n fees nou sonder wyn en musiek? Wynproe met Via was […]

Galery: ’n Aand van passie-skrywerspartytjie

EasyEquities Skrywerspartytjie Fotograaf: AB Jantjies Die Toyota Stellenbosch Woordfees het in 2000 ontstaan met ’n Nag van passie – ’n deurnagviering van die Afrikaanse literatuur. Die skrywersprogram het deur die jare die hoeksteen, fondament en kroonjuweel van die Toyota Stellenbosch Woordfees gebly. Hierdie partytjie was ’n kopknik aan die skrywersgemeenskap vir hul bydrae oor soveel […]

Galery: Die Universiteit Stellenbosch by Woordfees 2025

Studentediskoers By die US Konservatorium-amfiteater het studente saam gesels oor vraagstukke wat hulle raak: Hoe deel ons die kampus en maak dit ’n ruimte waar almal tuis voel? Hoe deel ons in mekaar se vreugdes en uitdagings, van geesteswelstand en druk tot die strewe na sukses? Is “balans” ooit werklik moontlik, en hoe lyk die […]

Galery: EasyEquities Skrywersfees

VAN HIER TOT VER IN DIE WÊRELD – FIKSIE Aangebied deur Protea, Tafelberg  Hierdie land wys die hart van Suid- Afrika; Ver in die wêreld bekyk die lewe in die buiteland. Frederik de Jager het gesels met Valda Jansen, Julian Dewette, Cas Wepener, Gielie Hoffmann en Menán van Heerden oor hulle bydraes – die absurde, snaakse, […]

Galery: EasyEquities Skrywersfees-hoogtepunte

Literêre entoesiaste het by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees se EasyEquities Skrywersfees bymekaargekom om die rykdom van Afrikaanse asook internasionale literatuur te vier. Gesprekke met skrywers, boekbekendstellings, en die verkenning van verskeie temas het feesgangers geïnspireer en uitgedaag. Roep die reuk van boeke op met ’n terugblik van die hoogtepunte. Boekklubs Dana Snyman: ‘Seun’ ‘Die […]

Galery: EasyEquities Skrywersfees-hoogtepunte | 2025

By die Toyota Stellenbosch Woordfees staan L vir literatuur. Die EasyEquities Skrywersfees het lesers, skrywers en uitgewers trakteer met skrywersgesprekke wat die nuuskierigheid prikkel, insigte bied tot hoe skrywers oorleef, boekbekendstellings, ’n spesiale skrywerspartytjie en meer. Die reuk van boeke bly hang in Stellenbosch. Blaai deur vanjaar se literêre hoogtepunte by die Toyota Stellenbosch Woordfees.

Galery: Langtafel

Spys en drank Die Woordfees-langtafel was ’n kulinêre kultuurreis deur Suid-Afrika se koserfenis. Sjef Johnny Hamman het met sy braaikinkels disse voorgesit soos aartappelsamoesas, Maleis-geïnspireerde viskerrie en tandoori-hoendersosaties. Ouma Rooi se koeksisters en melktert het vir smullekker nagereg gesorg, en die geselligheid is aan die gang gehou met smaaklike happies. Kou- én skouspelagtig: ’n Tafel […]

GALERY: LANGTAFEL 2023

Die Woordfees het afgeskop met die gewilde Langtafel onder die eike tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat. Vanjaar het Bertus Basson en die topdrie-spanne van kykNET se koswerklikheidsreeks Kokkedoor: Vuur en vlam vir die spesiale spyskaart gesorg. Foto’s: Liesl Steenkamp en Nanette Evenhuis