Galery: Langtafel 2025

Fotograaf: Nanette Evenhuis Spys en drank Die geliefde Langtafel is nie net ’n gesellige feesmaal nie – dis die amptelike bekendstelling van die Toyota Stellenbosch Woordfees, ’n lentekuier met ’n eg Suid-Afrikaanse kosreis. Die Langtafel is weer onder die eike tussen die mooi ou geboue van die feeskern in Ryneveldstraat gedek. Die bekroonde kosskrywer, sjef […]

Galery: Netwerk24 by die 2025 Woordfees

Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers, insluitend Thuli Madonsela, Whitey Basson, Bertus Basson, Leon Schreiber en Sandra Prinsloo. ‘Die onderhoud’ met Bertus Basson ‘Die onderhoud’ met Whitey Basson ‘Die onderhoud’ met Thuli Madonsele ‘Die onderhoud’ met Leon Schreiber ‘Die onderhoud’ met Sandra Prinsloo […]

Galery: Netwerk24 by die Woordfees

Netwerk24 se gespreks- en onderhoudsreeks by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees het insiggewende gesprekke met invloedryke meningsvormers en rolspelers aangeroer, wat ’n waardevolle bydrae tot die gesprekke oor die toekoms van Suid-Afrika en die wêreld gelewer het. Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers. […]

Galery: Programbekendstelling 2026

Dis Hoog Tyd: Programvoorskou Die Toyota Stellenbosch Woordfees het saam met media- en borgvennote die bekendstelling van die 2026 feesprogram by Asara-wynlandgoed gevier. Gaste is getrakteer op ’n voorsmakie van vanjaar se programhoogtepunte en het saam die afskop van nog ’n feesjaar gevier.Die program is beskikbaar op woordfees.co.za, waar ’n PDF van die volledige feesgids […]

Galery: RSG/ATKV-vierkant | 2025

Die RSG/ATKV-vierkant was ’n hoogtepunt by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees. ’n Gesellige saamkomplek by die US Museum van stories, musiek en mense. Soggens het Lalla Lees jong luisteraars bederf met storietyd, Jak de Priester het daagliks opgetree en sy geselsprogram aangebied, en RSG het regstreeks vanaf die vierkant uitgesaai met gewilde programme soos Spektrum, […]

Galery: Spier Toneel by die 2025 Woordfees

Die Spier Toneel-program by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees het uithalers, uitskieters en uitblinkers gehad. Van boeiende dramas oor familie, romanse en maatskaplike uitdagings, tot vergete geskiedenis wat stem en gehoor gekry het, die verlede wat herinterpreteer en tot vandag deurgeboor is, en spierverslappende komedie en skroeiende kommentaar. Teater is emosie, vasgevang in teks, dialoog, […]

Galery: Toyota Musiekfees | Buitelugkonserte

Smag jy na die buitelug? Ervaar ’n sensoriese terugblik van die Toyota Musiekfees se buitelugkuiers by die Jan Marais-natuurreservaat. Daar is met klanke getoor en met die voete gegoël. Die kleindorpdromer Elandré was op vlerke saam met BlackByrd, en die Kanadese duo Neon Dreams het in Stellenbosch wakker geword. Ricus Nel, Emo Adams en Dr […]

Galery: Toyota Musiekfees | Kontemporêre Musiek 2025

Die Toyota Musiekfees het kontemporêre musiekgehore bekoor met jazz, pop, rock, rap en kabaret, met ongelooflike vertonings deur onder andere Amanda Strydom, Deon Meiring, Baljaar: SA Hits, Boys R Back, Luna Paige, Zoid Psalms en nog vele meer. ’n Fees van klanke, stories en talent wat die harte van feesgangers laat sing het. Dit was […]

Galery: Toyota Musiekfees | Opelugkonserte 2025

Kom herleef die ritme van die opelugkonserte. Die Toyota Musiekfees het weer die Jan Marais-natuurreservaat laat bewe. Die musiek het betower, die voete het beweeg en die atmosfeer was gelaai met afwagting en lewe.  Ons het die konsertreeks geopen met die legendariese Soweto String Quartet en ULTRASONIC-vertoning, gevolg deur die ster Will Linley. Die gees […]

Galery: Woordtrofees 2024

woordtrofees

Geniet ’n steelkykie van die kleurvolle en speelse Woordtrofees-toekenningsaand. Weer eens baie geluk aan die wenners en benoemdes. En dankie aan almal wat ’n rol gespeel het in ’n heerlike fees.  Fotograaf: Liesl Steenkamp Klik hier vir die wennerslys. Sien jou volgende jaar, van 11 tot 19 Oktober, by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die gaste […]

Galery: Woordtrofees 2025

Die Woordtrofees vier kunstenaars wat uitnemende werk na die Toyota Stellenbosch Woordfees bring.  Geniet ’n steelkykie van die kleurvolle en speelse Woordtrofees-toekenningsaand. Weer eens baie geluk aan die wenners en benoemdes. En dankie aan almal wat ’n rol gespeel het in ’n heerlike fees. Vanjaar se wenners het glans en gees na dié geleentheid gebring. […]