Galery: Langtafel

Spys en drank

Die Woordfees-langtafel was ’n kulinêre kultuurreis deur Suid-Afrika se koserfenis. Sjef Johnny Hamman het met sy braaikinkels disse voorgesit soos aartappelsamoesas, Maleis-geïnspireerde viskerrie en tandoori-hoendersosaties. Ouma Rooi se koeksisters en melktert het vir smullekker nagereg gesorg, en die geselligheid is aan die gang gehou met smaaklike happies.

Kou- én skouspelagtig: ’n Tafel met flair

Dit gaan nie net net oor smake en smul nie. “Smaak” maak saak – die Langtafel was iets vir die oog. Met elegante dekor, het elke tafel ’n storie vertel.

Die warm ligte en gesellige binneversiering het ’n betowerende atmosfeer geskep vir ure se kuier.

Die magic, die mense

Die ware betowering van die Langtafel lê by die mense wat dit mee- én moontlik maak. Elke gas het met ’n borrelende gesindheid bygedra tot ’n genotvolle aand. Daar is gegrap, gelag en omtrent feesgevier.

Langtafelpartytjie

Die Woordfees-langtafel was voorwaar ’n viering van kuns, kultuur en samesyn. Bennie Fourie het die aand agter die mikrofoon gelei, en die gunstige gemoed is verder gelig deur Frazer Barry en sy band, asook Babalwa Mentjies wat die gehoor aan die dans gehad het.

Prost op ’n viering vol smaak en herinneringe.

Facebook
Twitter
LinkedIn