Woordtrofees-wenners 2024

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang.

Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Barbara Loots, Geoffrey Hyland, Ephraim Gordon, Herman van der Westhuizen, Gustav Franzen, Elsa Ward, Tersia Harley, Felicia Lesch, Bianca Flanders, Wendy Joy Crowley, Wayne Muller, Naudé van der Merwe, Lauren Dasappa, Mannie Manim, Elana-Marié Snyman, André Terblanché, Mmatumisang Motsisi, Corné Venter, Saartjie Botha, Cornelia Faasen, Astrid de Vos en Marida Swanepoel.

“Vanjaar se Woordfees-program het feesgangers van ’n merkwaardige rits aanbiedings voorsien,” sê Mitchell. “Die uitvoerende kunste het met groot entoesiasme kom saamspeel – van intieme vertonings in klein ruimtes tot dreunende skares in die buitelug.

“Die Woordtrofees-paneel bedank almal wat tot die Woordfees bygedra het. Dit is, soos altyd, ons voorreg om julle werk te beleef. Baie geluk aan al die benoemdes en pryswenners.”

Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Die wenners is:

BOEKWENNERS

Topverkoper: Niefiksie

Hoe ek dit onthou – Francois van Coke en Annie Klopper

Topverkoper: Leefstyl

Skepselkos – Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren

Topverkoper: Poësie

Ek en jy bestaan nie – Danie Marais

Topverkoper: Fiksie en algeheel

Speel – Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel

KLASSIEKE MUSIEK

Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal

Opera-gunstelinge

Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal

Charl du Plessis-trio: Rhapsody in Blue

KONTEMPORÊRE MUSIEK

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Solo/duo

Amanda Strydom (Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder)

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Groep/ensemble

Kaapse kabaret

DANS

Beste prestasie: Dans

Exit/Exist

OPKOMEND

Beste opkomende kunstenaar

Miché van Wyk (Toneel)

SPESIALE TOEKENNINGS

Martie Retief Meiring-toekenning

Hedda Gabler

Met die Martie Retief Meiring-toekenning wil die Toyota Stellenbosch Woordfees die legendariese joernalis na wie die prys genoem is, huldig vir haar reusebydrae tot die kunstefeesomgewing. Die prys vereer ’n kunstenaar of produksie wat werk lewer wat Martie se waardes en beginsels vergestalt. 

“Martie was dapper, konfronterend, ambisieus, vernuwend, innoverend, uitdagend, plesierig – in kort erken die prys die soort werk wat die Woordfees wil aanbied en wat gehore opgewonde maak en aan die praat sit,” het Saartjie Botha, Woordfees-direkteur gesê. 

In verbondenheid-toekenning

Rudolf Gouws

Die Toyota Stellenbosch Woordfees gee met die In verbondenheid-toekenning erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig.

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant):

Nadine Petrick

Feesheld

Marchelle van Zyl

WOW-trofees

Die WOW-trofees vereer ’n opvoeder en ’n skool wat lewenskragtige bydraes tot dié bemagtigingsinisiatief (Woorde open Wêrelde) lewer en uitsonderlike prestasies oplewer. 

WOW-opvoeder van die jaar

Mary Bergh (Parkdene Primêr, Kraaifontein, Wes-Kaap)

WOW-skool van die jaar

P.C. Petersen Primêre Skool (Kylemore, Wes-Kaap)

TONEEL

Beste speler (vroulik)

Antoinette Kellermann (Die stoele)

Beste speler (manlik)

Albert Pretorius (Othello)

Beste byspeler (vroulik)

Carla Smith (Speelgoed van glas)

Beste byspeler (manlik)

Mark Elderkin (Speelgoed van glas)

Beste regisseur

Nico Scheepers (Speelgoed van glas)

Beste oorspronklike Suid-Afrikaanse teks

Isidlamlilo / The Fire Eater (Neil Coppen, Mpume Mthombeni)

Beste prestasie: Tegnies en ontwerp

Tina le Roux (Isidlamlilo / The Fire Eater) – beligting

Beste prestasie: Kinderteater

Pampoenpit se groen gevoel

Beste prestasie: Solo

Mpume Mthombeni (Isidlamlilo / The Fire Eater)

Beste prestasie: Duo

Wessel Pretorius en David Viviers (’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie)

Beste ensemble

Kruispad of die legende van die goue vis

Beste toneelstuk

Speelgoed van glas

Weer eens baie geluk aan al die benoemdes en pryswenners. Dankie vir julle goeie sportmanskap.

Facebook
Twitter
LinkedIn