EasyEquities belê in jou en in Woorde open Wêrelde

EasyEquities

Kyk hoe kyk hy vir my, en daar is vyftig randjies vir jou! Jou registrasie vir ’n gratis EasyEquities-beleggingsrekening bring R50 in beide jou sak om te belê asook R50 in die Woorde open Wêrelde-beursfonds (WOW) vir studie aan die Universiteit Stellenbosch (US).  WOW, ’n bemagtigingsprojek van die Stellenbosch Woordfees en die US, vier in […]

GOU KOOP OF MISLOOP!

toy

Dis amper tyd om te speel! Die Toyota Stellenbosch Woordfees begin die naweek. ONTHOU: Alle aanbiedings is nie vir die volle duur van die fees te sien nie. Jy moet dus wikkel om dié blitsverkopers te ervaar wat net tot 1 Oktober aangebied word. Die Woordfees duur van 28 September tot 6 Oktober. Kry jou kaartjies by quicket.co.za. […]

Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

Woordtrofees

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word.  Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig.  […]

Wenner van 2024 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

bundel

Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetsie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal “Die berghaan het sy seer laat val”. In nege jaar het […]

Woordtrofees-wenners 2024

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang. Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Barbara Loots, Geoffrey Hyland, Ephraim Gordon, Herman van der Westhuizen, Gustav Franzen, Elsa Ward, Tersia […]