Woordtrofees

Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word. 

Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig. 

Volgens Gillian Mitchell, die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, het die produksies vanjaar “die dapper en gewaagde, die emosionele, die historiese, die vreugdevolle, die dramatiese en alles tussenin omarm. Dit was veral bemoedigend om die uitbreiding van jazz op die program te sien en die groot aantal jonger feesgangers wat daardie vertonings ondersteun het. Dit was ook so motiverend om te sien hoe baie jong WOW-leerlinge vertonings en werksessies bygewoon het – honderde!”. 

Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in vier verskillende genres (fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl) sal ’n aantal spesiale pryse toegeken word. Daaronder tel die toekennings vir die WOW-skool asook -opvoeder van die jaar. Vir hierdie toekenningskategorieë is daar egter geen kortlyste nie.

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit:

Teater: Barbara Loots, Geoffrey Hyland, Ephraim Gordon, Herman van der Westhuizen; Kontemporêre musiek: Gustav Franzen, Elsa Ward, Tersia Harley, Felicia Lesch, Bianca Flanders, Wendy Joy Crowley; Klassieke musiek: Wayne Muller, Naudé van der Merwe, Lauren Dasappa; Tegnies en ontwerp: Mannie Manim, Elana-Marié Snyman, André Terblanché; Dans: Mmatumisang Motsisi, Corné Venter, Gillian Mitchell

Die Stellenbosch Woordfees vereer met die Woordtrofees jaarliks kunstenaars wat uitnemend presteer het op die fees van ’n gegewe jaargang.

Die benoemings, gelys in alfabetiese volgorde, is:

KLASSIEKE MUSIEK

Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal

Les Arts Florissants

Opera-gunstelinge

Tuiskoms / Homecoming

Universiteitskoor Stellenbosch

Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal

8 Cellos in Concert

Charl du Plessis-trio: Rhapsody in Blue

Narratives

¡Pulso!

KONTEMPORÊRE MUSIEK

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Solo/duo

Amanda Strydom (Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder)

Elzabé Zietsman (Vier Panado’s en ’n Chardonnay)

Frieda van den Heever (Frieda van den Heever: Spoorsny)

Karen Petersen (’n Vrou om te onthou)

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – Groep/ensemble

Kaapse kabaret

Kelders se geheime

Ontban

Sun Quintet (Jazz at the Konserve: Sun Quintet)

DANS

Beste prestasie: Dans

Exit/Exist

OPKOMEND

Beste opkomende kunstenaar

Cornèl Engelbrecht (Kontemporêre musiek)

Karen Petersen (Kontemporêre musiek)

Kerwin Albertus (Kontemporêre musiek)

Miché van Wyk (Toneel)

Mike Wang (Klassieke musiek)

TONEEL
Beste speler (vroulik)

Anna-Mart van der Merwe (Speelgoed van glas)

Antoinette Kellermann (Die stoele)

Cintaine Schutte (Onder ’n bloedrooi hemel)

Rolanda Marais (Hedda Gabler)

Beste speler (manlik)

Albert Pretorius (Othello)

Chris van Niekerk (Die stoele)

Eben Genis (Kruispad of die legende van die goue vis)

Ludwig Binge (Veelhoek)

Beste byspeler (vroulik)

Carla Smith (Kruispad of die legende van die goue vis)

Carla Smith (Speelgoed van glas)

Faniswa Yisa (Othello)

Beste byspeler (manlik)

Brendon Daniels (Onder ’n bloedrooi hemel)

Carlo Daniels (Othello)

Deon Lotz (Onder ’n bloedrooi hemel)

Mark Elderkin (Speelgoed van glas)

Beste regisseur

Marthinus Basson (Veelhoek)

Neil Coppen (Isidlamlilo / The Fire Eater)

Nico Scheepers (Speelgoed van glas)

Beste oorspronklike Suid-Afrikaanse teks

Isidlamlilo / The Fire Eater (Neil Coppen, Mpume Mthombeni)

’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie (Wessel Pretorius)

Stinkhout (Philip Rademeyer)

Beste prestasie: Tegnies en ontwerp

Charl-Johan Lingenfelder (Hedda Gabler) – musiek, klank 

Nicolaas de Jongh (Kruispad of die legende van die goue vis) – stel

Tina le Roux (Isidlamlilo / The Fire Eater) – beligting

Wolf Britz (Hedda Gabler) – beligting

Beste prestasie: Kinderteater

Die keiser se nuwe klere

Liewe Heksie en die rolskaatse

Pampoenpit se groen gevoel

Beste prestasie: Solo

Ashley Dowds (The Return of Elvis du Pisanie)

Mpume Mthombeni (Isidlamlilo / The Fire Eater)

Sue Pam-Grant (Why do Moths Fly Like Crazy Kcufs in the Night?)

Beste prestasie: Duo

Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk (Die stoele)

Jana Cilliers en Ludwig Binge (Veelhoek)

Wessel Pretorius en David Viviers (’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie)

Beste ensemble

Hedda Gabler

Kruispad of die legende van die goue vis

Pampoenpit se groen gevoel

Speelgoed van glas

Beste toneelstuk

Isidlamlilo / The Fire Eater

’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie

Speelgoed van glas

Facebook
Twitter
LinkedIn