Aandag dramaturge: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

Goeie nuus aan alle dramaturge: Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. Die drie wenners ontvang onderskeidelik R100 000, R50 000 en R25 000 wat dit die grootste kompetisie van sy soort in die land maak. Inskrywings is nou oop. […]
Die beste plekke vir ’n borrel in die Boland

Die Toyota US Woordfees vind vanaf 7 tot 15 Oktober in Stellenbosch plaas. Kaartjies is nou by Quicket beskikbaar. Met om en by 640 unieke aanbiedings wat in meer as 50 venues in en om die Eikestad aangebied word, is dit beslis ’n goeie idee om jou feestrategie te beplan. Hier is ’n paar wenke […]
Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees
Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig. […]
Veels geluk aan die kortverhaalwenners
Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, en vanjaar is dit dus Borrel. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling gedurende die 2023-fees aangekondig word en wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities, wat sedert […]