Smag jy na die buitelug? Ervaar ’n sensoriese terugblik van die Toyota Musiekfees se buitelugkuiers by die Jan Marais-natuurreservaat. Daar is met klanke getoor en met die voete gegoël. Die kleindorpdromer Elandré was op vlerke saam met BlackByrd, en die Kanadese duo Neon Dreams het in Stellenbosch wakker geword. Ricus Nel, Emo Adams en Dr Victor & The Rasta Rebels het ook die vibes gebring. Dankie aan almal, in besonder Toyota, wat bygedra het tot ’n onvergeetlike konsertreeks!
Die Toyota Musiekfees is aangebied in samewering met Toyota, Bok Radio en Spier.
Ricus Nel
Neon Dreams
In samewerking met Texx and the City.
BlackByrd en Elandré
In samewerking met Bok Radio.
Matthew Mole
In samewerking met Texx and the City.