Galery: RSG/ATKV-vierkant | 2026

Die RSG/ATKV-vierkant was weer eens ’n kultuurryke kuierplek en ’n polspunt van die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees. Klein boekwurms kon daagliks storietyd met Lalla Lees geniet en kultuurskatte soos Jak de Priester, Anna Davel en Joshua na die Reën het feesgangers in vervoerving gehad met hulle stemme. Die nasionale uitsaaier RSG het ook in lewende […]

Galery: Spier Toneel by die 2025 Woordfees

Die Spier Toneel-program by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees het uithalers, uitskieters en uitblinkers gehad. Van boeiende dramas oor familie, romanse en maatskaplike uitdagings, tot vergete geskiedenis wat stem en gehoor gekry het, die verlede wat herinterpreteer en tot vandag deurgeboor is, en spierverslappende komedie en skroeiende kommentaar. Teater is emosie, vasgevang in teks, dialoog, […]

Galery: Spier Toneel by die 2026 Woordfees

Delikaat, konfronterend, eerlik, ongemaklik, gewigtig, slim en snaaks, chaoties en groot pret, tydloos en eietyds – dit is van die beskrywings wat in die INK-feeskoerant se resensies oor vanjaar se Spier Toneel-program opgeduik het.Van aangrypende dramas tot skerp komedie en uitdagende stories het die toneelstukke emosies losgemaak, vrae gevra en gehore laat dink en lag.Teater […]

Galery: Stellenbosch-wynroetes by Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

Die Stellenbosch-wynroetes verteenwoordig is sinoniem met Bolandse gasvryheid. Hulle is meer as net goeie wynversnitte en het sensories aangesluit by die Toyota Stellenbosch Woordfees se Leefstyl-program. Leef jou droom Minki van der Westhuizen het gaste by Lanzerac met haar borrelende persoonlikheid en entoesiasme vir die lewe geïnspireer tydens ’n feestelike laatontbyt. Fotograaf: AB Jantjies Die […]

Galery: Toyota Musiekfees | Buitelugkonserte

Smag jy na die buitelug? Ervaar ’n sensoriese terugblik van die Toyota Musiekfees se buitelugkuiers by die Jan Marais-natuurreservaat. Daar is met klanke getoor en met die voete gegoël. Die kleindorpdromer Elandré was op vlerke saam met BlackByrd, en die Kanadese duo Neon Dreams het in Stellenbosch wakker geword. Ricus Nel, Emo Adams en Dr […]

Galery: Toyota Musiekfees | Kontemporêre Musiek 2025

Die Toyota Musiekfees het kontemporêre musiekgehore bekoor met jazz, pop, rock, rap en kabaret, met ongelooflike vertonings deur onder andere Amanda Strydom, Deon Meiring, Baljaar: SA Hits, Boys R Back, Luna Paige, Zoid Psalms en nog vele meer. ’n Fees van klanke, stories en talent wat die harte van feesgangers laat sing het. Dit was […]

Galery: Toyota Musiekfees | Opelugkonserte 2025

Kom herleef die ritme van die opelugkonserte. Die Toyota Musiekfees het weer die Jan Marais-natuurreservaat laat bewe. Die musiek het betower, die voete het beweeg en die atmosfeer was gelaai met afwagting en lewe.  Ons het die konsertreeks geopen met die legendariese Soweto String Quartet en ULTRASONIC-vertoning, gevolg deur die ster Will Linley. Die gees […]

Galery: Toyota Musiekfees | Opelugkonserte 2026

Kom herleef die beste oomblikke van die Toyota Musiekfees!Die Toyota Musiekfees het die Jan Marais-natuurreservaat weer laat ruk en roer. Die musiek het betower, voete het beweeg en die atmosfeer was gevul met energie, afwagting en lewe.Zaan Sonnekus en Tasché het die partytjie aan die gang gesit saam met Sossi, en Spoegwolf het saam met […]

Galery: Toyota Musiekfees 2026 | Kontemporêre klanke

Die Toyota Musiekfees het kontemporêre musiekgehore bekoor met jazz, pop, rock, rap en kabaret. Amanda Strydom en Anton Goosen het onderskeidelik 70, 80 en die lewe gevier, Dean Balie en Bianca Flanders wás Prima, Zoid: Spawn was ’n family rock affair saam met Karen Zoid, haar seun, Ben, en pa, Rhynie. Jazz at the Konserve […]

Galery: Universiteit Stellenbosch by Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

Studentediskoers By vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees het studente vir ’n week lank saam gedink en gesels oor aktuele vraagstukke wat hulle raak. Met gesprekke soos “Dink vir jouself”, “KI praat almal se taal én niemand s’n” en “Kyk my in die oë” is uiteenlopende perspektiewe gedeel en uitdagende vrae gestel oor menswees, menseverhoudings en […]

Galery: Woordtrofees 2024

woordtrofees

Geniet ’n steelkykie van die kleurvolle en speelse Woordtrofees-toekenningsaand. Weer eens baie geluk aan die wenners en benoemdes. En dankie aan almal wat ’n rol gespeel het in ’n heerlike fees.  Fotograaf: Liesl Steenkamp Klik hier vir die wennerslys. Sien jou volgende jaar, van 11 tot 19 Oktober, by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die gaste […]

Galery: Woordtrofees 2025

Die Woordtrofees vier kunstenaars wat uitnemende werk na die Toyota Stellenbosch Woordfees bring.  Geniet ’n steelkykie van die kleurvolle en speelse Woordtrofees-toekenningsaand. Weer eens baie geluk aan die wenners en benoemdes. En dankie aan almal wat ’n rol gespeel het in ’n heerlike fees. Vanjaar se wenners het glans en gees na dié geleentheid gebring. […]