Kom herleef die beste oomblikke van die Toyota Musiekfees!
Die Toyota Musiekfees het die Jan Marais-natuurreservaat weer laat ruk en roer. Die musiek het betower, voete het beweeg en die atmosfeer was gevul met energie, afwagting en lewe.
Zaan Sonnekus en Tasché het die partytjie aan die gang gesit saam met Sossi, en Spoegwolf het saam met Van der Aven gesorg vir elektrisiteit in die lug. Booshle G. en Tatum Tides het die gees laat opvlam, terwyl Jeremy Loops en Tessi Nandi die verhoog met hul unieke klanke laat gons het.
’n Groot dankie aan Toyota, Bok Radio, Spier, Jack Black en Texx and the City vir hul ondersteuning om hierdie konsertreeks onvergeetlik te maak. Die “Best Seats in the House”-wenners is boonop bederf met die besondere voorreg om die kunstenaars persoonlik te ontmoet.
Zaan en Tasche met Sossi
Fotograwe: Connor Leech, Pierre Rommelaere en Anja du Plessis
Spoegwolf met Van der Aven
Fotograwe: Connor Leech en Anja du Plessis
Booshle G met Tatum Tides
Fotograwe: Connor Leech en Ivan du Plooy,
Jeremy Loops met Tessi Nandi
Fotograaf: Connor Leech en Ivan du Plooy




