Galery: Toyota Musiekfees 2026 | Kontemporêre klanke

Die Toyota Musiekfees het kontemporêre musiekgehore bekoor met jazz, pop, rock, rap en kabaret. Amanda Strydom en Anton Goosen het onderskeidelik 70, 80 en die lewe gevier, Dean Balie en Bianca Flanders wás Prima, Zoid: Spawn was ’n family rock affair saam met Karen Zoid, haar seun, Ben, en pa, Rhynie. Jazz at the Konserve was ’n belewenis, en Frieda van den Heever, Coenie de Villiers, Mauritz Lotz en Deon Meyer het ’n Stille vuur aan knetter gehou.
Fotograwe: AB Jantjies, Emma Wiehman, Golda Simmers, Gys Loubser, Jeremeo LeCordeur, Natalie Gabriels, Pierre Rommelaere

Drostdy-teater | HMS Bloemhof-sentrum | The Daisy Jones Bar | US Konservatorium-amfiteater | Paul Roos-teater

Fotograwe: Anja du Plessis, Connor Leech, Gys Loubser, Pierre Rommelaere, Nardus Engelbrecht, Stefan Els en Natalie Gabriels.

Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Peach van Pletzen

Die Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Van Pletzen was ’n viering van ritme en lirieke in Afrikaans, aangebied in samewerking met die ATKV, Taalgenoot, WÊRELD, Spotify, kykNET en Locally Yellow.

Fotograaf: Pierre Rommelaere

Facebook
Twitter
LinkedIn