Galery: Spier Toneel by die 2026 Woordfees

Delikaat, konfronterend, eerlik, ongemaklik, gewigtig, slim en snaaks, chaoties en groot pret, tydloos en eietyds – dit is van die beskrywings wat in die INK-feeskoerant se resensies oor vanjaar se Spier Toneel-program opgeduik het.
Van aangrypende dramas tot skerp komedie en uitdagende stories het die toneelstukke emosies losgemaak, vrae gevra en gehore laat dink en lag.
Teater is emosie, vasgevang in teks, dialoog, liggaam en beeld. Beleef en herbeleef alles wat op die planke was by die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees, soos vasgevang deur ons feesfotograwe.

Fotograwe: Gys Loubser, Llewellyn de Wet, Jeremeo Le Cordeur, Mia Park Latsky, Connor Leech, Nardus Engelbrecht, Natalie Gabriels, Pierre Rommelaere en Stefan Els.

Spier Toneel by Open Window-kampus

Spier Toneel by kykNET Idasvallei Primêr

Spier Toneel by HMS Bloemhof

Spier Toneel by Adam Small-teater

Spier Toneel by Drostdy-teater

Spier Toneel by Paul Roos-teater

Verrassingsoptredes voor die US Konservatorium | 'Haar pad huistoe'

Facebook
Twitter
LinkedIn