Die Stellenbosch-wynroetes verteenwoordig is sinoniem met Bolandse gasvryheid. Hulle is meer as net goeie wynversnitte en het sensories aangesluit by die Toyota Stellenbosch Woordfees se Leefstyl-program.
Leef jou droom
Minki van der Westhuizen het gaste by Lanzerac met haar borrelende persoonlikheid en entoesiasme vir die lewe geïnspireer tydens ’n feestelike laatontbyt.
Fotograaf: AB Jantjies
Die storie van sauvignon blanc
Hierdie boekgesprek en proegeleentheid het wynliefhebbers bymekaar gebring om die stories en geure van Suid-Afrikaanse sauvignon blanc te ontdek. Bekroonde Stellenbosse wynmakers het The Story of South African Sauvignon Blanc gedeel.
Fotograaf: Adri Minnie
From Blaauwklippen to Bordeaux
By KleinBlouklip-plaas het Derek Kilpin van Great Domaines-wyne feesgangers op ’n proereis vanaf Bordeaux in Frankryk tot by Blaauwklippen op eie bodem geneem.
Fotograaf: AB Jantjies
Sensorial Tasting: Journey Through the Vine
By Spier Manor House kon gaste geblinddoekte proe aan dié wynmaker se Creative Block-wynreeks en aromas, klank, gevoel, tekstuur en smaak op ’n verrassende manier ervaar.
Fotograaf: Adri Minnie
Woordfees-wynskool: Borrels 101
Borrels 101 was ’n sprankelende reis deur die wêreld van vonkelwyn met prikkelende insigte oor Cap Classique, verskillende style en die kuns agter die borrels.
Fotograaf: Anneri Wasserman
Woordfees-wynskool: Cabernet Sauvignon 101
In samewerking met die Stellenbosch Cabernet Collective, het die Stellenbosch-wynroetes die wêreld van die dorp se bekende cabernet sauvignon-wyne – bekend as die koning van rooiwynkultivars – verken.Â
Fotograaf: Adri Minnie
Woordfees-wynskool: Witwyn 101
Gaste is op ’n ontdekkingstog deur die wêreld van witwyn geneem, van vars sauvignon blanc tot ryk chardonnay en geliefde chenin blanc.
Fotograaf: Adri Minnie
Woordfees-straatsoirée
Die Woordfees-Straatsoirée het Ryneveldstraat gevul met heerlike kos, goeie wyn, musiek en Bolandse gasvryheid. Gaste het die feestelike straatmakietie geniet en saam op die kunste en goeie wyn geklink.






















































































































