Dis Hoog Tyd: Programvoorskou
Die Toyota Stellenbosch Woordfees het saam met media- en borgvennote die bekendstelling van die 2026 feesprogram by Asara-wynlandgoed gevier. Gaste is getrakteer op ’n voorsmakie van vanjaar se programhoogtepunte en het saam die afskop van nog ’n feesjaar gevier.
Die program is beskikbaar op woordfees.co.za, waar ’n PDF van die volledige feesgids in Afrikaans en Engels afgelaai kan word. Die gratis gedrukte feesgids is by die Woordfeeskantoor in die Erfurthuis (Ryneveldstraat 37, Stellenbosch) beskikbaar en sal binnekort ook by verskeie biblioteke, boekwinkels, toeristeburo’s en gastehuise regoor die Wes-Kaap beskikbaar wees, solank voorrade hou.
Fotograaf: Liesl Steenkamp
Mooimaak en mannekrag: Goeters
Plek: Asara-wynlandgoed en -hotel
Wyn: Asara Wynlandgoed en Hotel
Musikante: Ramon Alexander
Tegnies: Audio Pimps
Branded Fudge: Oh My Fudge




