VIA se teenwoordigheid is ’n instelling by die Toyota Stellenbosch Woordfees en soos gewoonlik het dié TV-kanaal flair en styl bygedra met twee verfrissende leefstyl-aanbiedings.
Gesels-ontbyt met Leandie du Randt
VIA se gewilde kletsprogram Gesels het vir die eerste keer by die fees ’n draai gemaak vir ’n heerlike ontbytervaring vol koffie, klets en praktiese lewenslesse saam met Leandie du Randt.
Fotograaf: Anneri Wasserman
Bier-uur met Beer
VIA se gewilde speletjiesmeester Beer Adriaanse het weer feesgangers se algemene kennis getoets en die beloning was soet – gratis bier vir ’n uur!
Fotograwe: Llewellyn de Wet, Connor Leech en Pierre Rommelaere
































































