Die Toyota US Woordfees bied op Bly Vrydag, 29 Septemer 2023, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R40 een verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.
“Ons wil soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Ons versoek dus mense wat volpryskaartjies kan bekostig vriendelik om nie van die spesiale aanbiedings op Bly Vrydag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees.
Bly Vrydag werk só:
- Kopers kan met kontant of ’n bankkaart betaal.
- Afslagkaartjies is slegs by die drie ondergenoemde punte beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
- Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
- Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
- ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.
- ’n Maksimum van twee kaartjies per persoon per vertoning by elke verkoopspunt.
- ’n Maksimum van ses kaartjies in totaal per persoon per verkoopspunt.
- Vir R40-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Bly Vrydag-kaartjies is nie moontlik nie.
Verkoopspunte vir Bly Vrydag:
07:00 – 08:30: Hoërskool Lückhoff
10:00 – 11:30: Erfurthuis, Ryneveldstraat 37
12:30 – 14:00: Frank’s Heaven Crèche in Kylemore
17:00 – 18:30: Erfurthuis
Hier is die lys van produksies waarvoor afslagkaartjies beskikbaar sal wees:
Produksie | GENRE |
Embody You | Dans |
50 Years of Jazzart | Dans |
Karatara | Dans |
Ultra | Dans |
Patisserie Femme | Fringe |
Byster | Fringe |
Brandmerk | Fringe |
Anglo Angst | Fringe |
Is als oraait by die huis van die Here? | Fringe |
Jantjies and the Pearls! | Fringe |
Liewe Heksie vang vis | Kinderfees |
The King of Broken Things | Kinderfees |
As ek… | Klassieke musiek |
Songs of Shakespeare | Klassieke musiek |
Between Friends | Klassieke musiek |
Classical Calabash | Klassieke musiek |
Rachmaninoff’s 150th Birthday Piano Bash | Klassieke musiek |
Beethoven String Quartets: The beginning and the end | Klassieke musiek |
Beethoven Triple Concerto | Klassieke musiek |
Universiteitskoor Stellenbosch University Choir | Klassieke musiek |
Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh | Klassieke musiek |
Shimmy Isaacs: NOU SOE! | Savanna Komedie |
Île | Savanna Komedie |
Alan Committie: Love Factually | Savanna Komedie |
Nik Rabinowitz: Rambunctious | Savanna Komedie |
491 Dae agter tralies | Skrywersfees |
Alda Merini in Afrikaans | Skrywersfees |
Anchien Troskie en Helene de Kock | Skrywersfees |
Boekklub: From the Smoky Jazz Halls of Yesteryear | Skrywersfees |
Boekklub: Walter Meyer: Verweerde cowboy | Skrywersfees |
Fiksieparadys: ‘You Had Me At Hello’ | Skrywersfees |
S.J. Naudé: Van vaders en vlugtelinge | Skrywersfees |
‘Reckless Daughter’: Joni Mitchell | Skrywersfees |
Annelie Botes se Katvis | Skrywersfees |
Bibi & Pieter en ronde 2 | Skrywersfees |
Bitterkomix 19: Hoe lank meen ons om hier uit te hou? | Skrywersfees |
Beryl Botman: Sedert die dood ons skei | Skrywersfees |
30 Beste Bokke | Skrywersfees |
‘Coloured’: Dis ons kultuur | Skrywersfees |
Barbara Masekela: Poli Poli | Skrywersfees |
A Midsummer Night’s Dream | Toneel |
i want to write you a submarine | Toneel |
Jessie, die man en die maan | Toneel |
Première-wenner | Toneel |
Teen wil en dank | Toneel |
Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom | Toneel |
My fellow South Africans | Toneel |
See muur | Toneel |
‘n Akkerboom | Toneel |
all my ex-lovers are dead | Toneel |
Fietsry vir dommies | Toneel |
The Woman Who Fed the Dogs | Toneel |
Hallo, is Bettie wat praat | Toneel |
No Complaints, New Dawn, New Day | Toneel |
Die moeder | Toneel |
Master Class | Toneel |
My kroon se krank | Toneel |
Op ons | Toneel |
Shadow Boxing | Toneel |
Braam en die engel | Toneel |
Delela (astrant) | Toneel |
Die Francois Toerien Show + | Toneel |
Die vegetariër | Toneel |
Droomwerk | Toneel |
Gin my die genade | Toneel |
Goed wat wag om te gebeur | Toneel |
Hold Still | Toneel |
Mirakel | Toneel |
Boesak | Toneel |
Droomkraan-kronieke | Toneel |
Ver in die wêreld Kittie | Toneel |
Monsters | Toneel |
Tuis, ek’s liefie | Toneel |
Oedipus at Colonus #aftersophocles | Toneel |
Bul | Toneel |
André Schwartz – Any Dream Will Do: My pad met Webber | Toyota Musiekfees |
Neil Sandilands | Toyota Musiekfees |
AMANDA STRYDOM: AMBER / OMBRÉ | Toyota Musiekfees |
Breekgoed – Augusta Zietsman | Toyota Musiekfees |
Band or Bust ft. Van der Aven | Toyota Musiekfees |
Nagskof Vol. 1 | Toyota Musiekfees |
Spoegwolf | Toyota Musiekfees |
Uit volle Bosch | Toyota Musiekfees |
Jol & Jive — WOW word 20! | Toyota Musiekfees |
André Terblanché in konsert | Toyota Musiekfees |
Busrit in die aand | Toyota Musiekfees |
Femme is fatale | Toyota Musiekfees |
USK Open Mic | Toyota Musiekfees |
Woordmusiek | Toyota Musiekfees |
Worldplay | Toyota Musiekfees |
Liedjieboer: 77 Not Out | Toyota Musiekfees |
‘n Blom in elke vrou | Toyota Musiekfees |
Rock & Rumba | Toyota Musiekfees |
Die Anglo-boereorkes en die 1820-setlist | Toyota Musiekfees |
Kaapse Djêz, Goema en Beyond | Toyota Musiekfees |
Hip-Hop, Bop & Pop | Toyota Musiekfees |
Die weervoorspelling | Toyota Musiekfees |
‘n Man vir elke seisoen | Visuele kuns |